JESUS CHRISTUS (deur Siegfried Maré)
Jesus Christus. Die mees bekende, mees indrukwekkende, gesaghebbende, beminde, verwerpte, gespotte persoon wat ooit geleef het. Sy navolgers aanbid Hom; Sy vervolgers verwerp en haat Hom. Wat sê jy; wie is Hy?
In 2013 het twee rekenaarwetenskaplikes deur kwantitatiewe analise Jesus aangewys as die belangrikste persoon in die mensegeskiedenis, gevolg deur Napoleon en Shakespeare, soos deur die internet geregeer. En dit is vandag steeds so. Meer en meer boeke sal oor Hom geskryf word. Films oor Hom sal meer en meer die lig sien. Mense sal meer en meer liedere oor Hom skryf, en sing. Dit sal nie ophou nie. Inteendeel. Ons gaan nog groot dinge sien. Hy het báie gedoen, en sal nog báie doen. Maar wie sê jy is Hy, vir jou?
Baie opinies oor Jesus, baie uitgangspunte, ‘n rits argumente, ‘n klomp doktrines.
Waar pas Hy in jou lewe in?
Jesus, die grootste persoon wat ooit geleef het, en sal leef. Vir jou en my.
Wie sê jy, is Hy?