Jy is meer as oorwinnaar deur Jesus (Siegfried Maré)
Romeine 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Die grootste oorwinning vir my en jou is om die liefde wat God vir ons het te aanvaar, te glo, dit ons eie te maak en ons visie daarvolgens te skep. Ons oorwinning is in hierdie liefdesboodskap van die Here opgesluit – God wil ons op ‘n plek van oorweldigende oorwinning bring en Hy wil hê dat ons meer as oorwinnaars moet wees. Ja, saam met Christus en die Heilige Gees in jou is jy méér as ‘n oorwinnaar omdat God vír jou is. Vader is lief vir jou. Glo dit.