Karakter (Siegfried Maré)

‘n Bekende gesegde sê: “Pasop vir jou gedagtes, jou gedagtes word jou woorde. Pasop vir jou woorde, want dit word jou aksies. Pasop vir jou aksies, want dit word jou gewoontes. Pasop vir jou gewoontes, want dit word jou karakter. Pasop vir jou karakter, want dit word jou lot”. Gebaseer op dié stukkie wysheid, het Paulus se lot niks aangenaams vir hom ingehou nie. Sy karakter en reputasie het hom ver vooruitgeloop; onder Jesus se volgelinge was hy eerder berug as beroemd, en net die uiting van sy naam het die vermoë gehad om menigte op hol te jaag.

Maar op ‘n stowwerige pad het Paulus alles wat hy so belangrik geag het – sy godsdiens, sy reputasie en sy karakter – verloor. Sy karakter, dit wat hom op daardie stadium gedryf het om te doen wat hy doen, verander radikaal. Hy verloor alles wat vir Saulus belangrik was. Maar Paulus ontvang soveel meer as wat hy ooit sou kon verloor.

Hy ontvang Christus.

Vir die res van sy bestaan het hy sake gehad met wat mense van hom dink, en is sy lewe oortrék met die dinge van Jesus Christus. Al wat vir hom belangrik was, was om Jesus se reputasie op aarde te bevorder.

Paulus se lewe word gekenmerk deur die woorde van Andy Stanley; “Character is the will to do what is right, as defined by God, regardless of personal cost.”

Die belangrikste element van ons karakter word ontbloot wanneer ons onsself afvra watter rol die kruis in ons lewe speel. In hierdie tweede deel in ons reeks, kyk Siegfried na Karakter, en beantwoord ons die vraag: Wie is ek?