“Kom loop saam met My” (Liesl Maré)
Skrifgedeelte: Markus 16:15-20
Die Here nooi ons: “kom loop saam met My!” Jesus sê, “dit wat julle gesien het ek doen, gaan doen dit; en dit wat julle gehoor het ek sê, gaan doen dit”. Dit was nooit net om dit te hoor nie; Hy het nooit geloop net dat ons kan kyk nie. Hy het geloop sodat ons kan leer loop – dit was die hele doel vir Hom om aarde toe te kom.
Liesl kyk na die drie verskillende weë waarop ons kan loop, want die feit is, loop gaan ons loop:
- Die weë van die tradisies van mense – maak seker dat die tradisises wat jy volg God-idees is en nie mens-idees nie.
- Die weë van die vlees, die wêreld of jou eie begeertes – as ons loop volgens ons eie begeertes dan mock ons die Here.
- Die weë van die wil van die Here – die wil van God is nie ‘n geheimenis nie; die wil van God is alles wat Jesus kom uitbeeld het. As ons wil weet wat die wil van God is, moet ons kyk na wat Jesus gedoen het.
Ons uitroep moet wees: maak ons meer soos Jesus! Dat ons nie U weë sal loop nie maar U weë sal DANS! Ons wil glorie bring aan U, Here!