My lewe as ‘n erfgenaam van Jesus (Siegfried Maré)
1 Tessalonisense 5:9-11 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Siegfried het laas week gepraat oor ons erfenis; hierdie week kyk ons na ons lewe as erfgename…hoe kan ons hierdie lewe ons s’n maak?
- Om ‘n erfgenaam te wees moet daar eers iemand wees wat doodgegaan het – Jesus het doodgegaan sodat ek en jy nóú al in ons erfporsie kan lewe!
- Om ‘n erfgenaam te wees, moet ek ‘n kind wees.
- Wat is die gevolge daarvan om ‘n erfgenaam te wees?
Help ons, Vader, om nie op hierdie erfenis wat U vir ons gee, uit te mis nie.