OESTYD (Siegfried Maré)
Hoeveel pitte is in ‘n appel? Weet jy? So tussen vier en agt. Soms bietjie meer. Maar, hoeveel appels is in ‘n pit? Plant ‘n pit en wag totdat die appelboom opkom. Hierdie boom sal duisende appels dra wat elk duisende pitte in het. Hierdie pitte kan duisende der duisende bome tot gevolg hê, wat miljoene appels dra. Alles uit een, piepklein pit wat op die regte plek geplant word.
So het jy ook ‘n handvol pitte wat die Here nèt vir jou gegee het. Soos die 70 in Lukas 10 wat uitgestuur word om die oes in te samel, as’t ware die grond vir Jesus se koms voor te berei, so ook equip God vir jou en my om harte vir Sy koms voor te berei. Voorwaar nie altyd ‘n gemaklike of veilige taak nie – soos skape tussen wolwe. Maar, as jy en ek dit nie doen nie, wie gaan? Jy is die antwoord op iemand se Hemel of hel. Amazing nè, ons plant pitte, en mense word gered. Gaan doen dit!
(Daar was ‘n klein glips tydens die opneem van die preek en ongelukkig is die opname nie volledig nie. Ons het wel Sieg se notas elektroniese beskikbaar; kontak ons op admin@dieakker.co.za indien ons dit vir jou kan stuur)