Om in die bres te tree (Siegfried Maré)

Dutch Sheets verduidelik in een van sy boeke oor intersessie dat die aarde onder die beheer van ‘n familiebesigheid is – die Here en Sy kinders. Ons verteenwoordig Hom hier. Ons is die outjies wat moet uitvoer wat hoofkantoor besluit. Daar is ‘n stryd tussen lig en duister. Al wat staan teen die duisternis in my eie lewe, in my gesin, besigheid, werk, dorp, provinsie of land, is ek en my medegelowiges. As ons niks doen nie, vat duisternis eenvoudig oor. Dis scary julle. Dit gaan woes daar buite. Baie mense is aan die ondergaan en besef dat hulle dit nie op hulle eie kan maak nie. Baie keer kan ander nie bid nie. Baie keer wil ander nie bid nie. Baie keer weet ander nie eens dat hulle gebed nodig het nie. Baie keer ken ander nie Die Een na Wie ons gebede uitgaan nie. Ons mandaat as Koningskinders is om namens ander te bid, om as’t ware tussen God en die mens in te tree en die persoon en sy behoeftes voor God neer te sit. Die mooi Afrikaanse woorde daarvoor is om “in die bres te tree” vir ander.

Ons moet dit ernstig opneem ouens. Adam het gefaal in sy mandaat. Jesus het gekom om dit reg te stel, en Hy sit nou, terwyl jy hier lees, en tree vir jou in by God. Nou is dit ons beurt om Jesus hier op aarde te verteenwoordig. Om soos Jesus vir mense om ons in die bres te tree, hulle voor ons Vader neer te sit, met smeking, en danksegging, en lofprysing. Die wonderlike en vrymakende wete is dat Jesus reeds al die intersessie werk voltooi het, daar aan die kruis. Maar dit is ons mandaat, ons verantwoordelikheid, ons voorreg, om met boldness en deur voorbidding hierdie Goeie Nuus van Jesus se “intersessie werk” aan die wêreld te verkondig.

Ons leen weer uit Dutch Sheets se boek: Plan A is for supernatural but ordinary people like you and me to: (1) wholeheartedly believe in the victory of Calvary – to be convinced that it was complete and final, and (2) to rise up in our role as sent ones, ambassadors, authorized representatives of the Victor. Our challenge is not so much to liberate as to believe in the Liberator; to heal as to believe in the Healer.

Plan B is to waste the Cross; to leave the tormented in their torment; to scream with our silence, “There is no hope!”; to hear the Father say again, “I looked, but found no one”, to hear the Son cry once more, “The laborers! Where are the laborers?’

Plan B is nie ‘n opsie nie.