Ons HOOP is seker in die Here (Siegfried Maré)

Lees Genesis 15

Hier is so paar vrae waaroor julle kan dink en bid soos julle na Siegfried se preek luister:

  • BELOFTE Lees Gen 15, Eph 1v11 en lys die beloftes – hoe is die beloftes van toepassing op jou en jou familie veral in die tyd?
  • INSIG en VERSTAND
    • Watter beloftes het God vir jou persoonlik gegee?
    • Wat het God al vir jou gedoen- jou altare van getuienis? Jos 4v20-24
    • Waar voel jy God het nie Sy beloftes nagekom nie – jy voel of God jou in die steek gelaat het?
    • Wat kan ek doen?  Abraham moes die roofvoëls verjaag. Wat is die roofvoëls wat my belofte probeer steel? Eph5v1-7
    • Waar het ek die roofvoëls toegelaat om my deel/erfporsie te steel? Joh 10v10
  • VERBOND: HOOP
    • Wat was die verskil tussen Caleb en Joshua en die res van die Israeliete? Num 14v24, Num 32v12, Deut 1v36-38
    • Wat kan ek by Caleb leer- dat hy nog land wou hê na hy sy deel reeds oorwin het? Joshua 14v 9-14
    • Wat is die verskil tussen ‘n verbond met God en ‘n kontrak met Hom? Gen17, Rom 11v27, Hebr 9v15, Hebr 8v10, Hebr 7v22, Gal3v15-18, 2Cor 3v6
    • Waarvoor vertrou ek die Here agv die verbond deur Jesus Christus? 2 Kor 1v20.