10 Februarie 2019 – JD Bredenkamp
Ons Liefde vir Christus
Wanneer ons praat oor liefde dan kom die bekende 1 Kor 13 by my op. Dit gaan oor “doen”; mense moet my liefde kan sien uit my werke uit. In Openbaring 2:2,3 klink dit asof die gemeente hard werk, ter wille van God se naam, en nie moeg word nie. In vers 4 kom die slegte nuus dat Jesus dit teen die gemeente het dat hulle hul eerste liefde verloor het. Hoe lyk liefde dan regtig? Is eerste liefde anders as ander liefde? Waar kom dit vandaan? Hoe ervaar ek dit?
Luister hoe JD Bybelse antwoorde op hierdie kopkrappers verskaf.