Die Opstanding: Deel 1 – Die Begin (Siegfried Maré)
Die kruisiging van Jesus is verby, Hy het opgestaan!
Die laaste twee maande het ons gekyk na Jesus se kruisdood en hoe ons saam met Hom gekruisig word. Nou skuif ons na die volgende deel van die reddingsverhaal; Die Opstanding.
As Jesus nie opgestaan het nie was daar geen kontroversie oor Hom nie; geen oorwinning nie – net dood. Maar Hy het opgestaan, Hy het dood oorwin en Hy moedig ons aan om dieselfde te doen. Hy wil hê ons moet lewe en lewe in oorvloed hê!
Maar daardie lewe moet iewers begin en die begin is die Opstanding. Na die dood is daar weer lewe. Na ek saam met Jesus dood is aan die kruis, dan word ek lewendig. Ek begin ‘n nuwe pad, ‘n nuwe blaadjie word omgeslaan en dan begin God Sy pen gebruik om my storie te skryf.
Siegfried kyk na hoe hierdie begin lyk: waar begin ek die pad van opstanding loop? Hoe word ek lewendig en lewe wérklik? Hoe lyk my opstandingslewe? Kom hoor hoe jy ‘n opstandingslewe kan lei!