Paulus en die gawes (Liesl Maré)
Paulus was ‘n brawe man. Soos ons almal weet het hy nie geskroom om op te staan vir dit waarin hy glo nie – hy het eventueel sy kop verloor daarvoor! Maar nie net dit nie; hy het die audacity gehad om te bly sê: “Volg my.” Hy het geweet sy getuienis en loop was ‘n voorbeeld. Vir meeste van ons is dit amper te veel om te vra – ons sê liewer soos die ouers van ouds: “Doen wat ek sê, moenie doen wat ek doen nie!” Maar Paulus kom en verteenwoordig ‘n hoër pad, ‘n amper onmoontlike pad, en hy moedig ons aan om dit ook te doen.
In hierdie tweede boodskap in ons reeks, kyk ons hoe ons in hierdie amper onbereikbare maatstaf inpas. Hoe kan ons dit eers begin kontempleer om ons te vereenselwig met wat hy ons aanmoedig om te doen – dit voel net so onbereikbaar! Maar dit is nie en Paulus wys ons deur sy briewe hoe ons ons deeltjie kan begin uitleef – stappie vir stappie. Hy wys ons en moedig ons aan om dit te doen, en hy verduidlik hoe.
Kom luister saam na die volgende deel van die legkaart in ons Gawes-puzzle.