‘Saints’ (Siegfried Maré)

Wanneer jy die woord ‘saint’ hoor, sien jy dalk in jou geestesoog ‘n outjie met so ligkringetjie bo sy kop. ‘n Goeie Christen wat baie hoog op die heiligheidsleer geskuif het; Heiligheid 101 Cum Laude met lof geslaag het. ‘n Hoogheilige wat eintlik onaantasbaar is en uit wie se pad jy liefs moet bly en hulle nie steur nie. Tog is dit presies wat Paulus die gemeente in Kolosse noem – en al was hulle in meeste opsigte oulike Christene, was hulle steeds ‘gewone mense’ en het hulle ligkringetjies sekerlik nie 24/7 helder gebrand nie. Maar dit is nie bloot net Paulus se troetelnaampie vir hulle nie. Dit is wat ons Here vir hulle…en vir ons, elke Jesus-volgeling…noem. Heiliges. Saints.

Het die gemeente in Kolosse iets voortrefliks op hul pad na heiligmaking gedoen om hierdie titel van ‘saints’ te bekom? En wat was die ‘verborgenheid (‘mystery’ – Col 1:26, NKJV) wat aan hulle openbaar sou word waarna Paulus in sy brief aan hulle verwys? Saint..ja, jý wat hier lees…kom join ons soos wat Siegfried dieper gaan delf in die antwoorde op hierdie vrae. Kom ons kyk hoe ons eie heilige lewenswandel, aan God gewy, ons status as heiliges gestand moet doen. Kom ons lééf heilig, tot God se eer!

Régtig net tot God se eer.