Verandering (Siegfried Maré)
Saulus se verandering na Paulus, is omtrent soos daardie before and after advertensies. Vroeër was hy die ene vuilheid, nou is hy silwerskoon. Vroeër het hy slegte dinge aangevang, nou doen hy heilige chaos in die Here se Naam! Nou is hy gewas, geheilig en afgesonder. Ook is hy geregverdig en vrygespreek deur die genade van ons Here, Jesus Christus. Hy verander van terroris na evangelis. Sjoe, wat ‘n splinternuwe begin! Wat ‘n fenomenale voor begin! Wat ‘n verandering! En new & improved Paulus, met ‘n hart wat oorloop van ootmoed, het net één wens, één droom, één strewe: om die lewende Christus beter te leer ken en Hom met sy hele self – sy gees, siel en liggaam – met oorgawe en ywer te dien.
Verandering is nie maklik nie, daar is nie vinnige antwoorde en kortpaaie nie. Paulus se storie van groei en verandering is ‘n lang-pad storie, en daar was baie opdraendes. Maar Paulus se storie leer ons ook…ons kan nie vir Jesus volg, en dieselfde bly nie…dit kán net nie.
In die volgende gedeelte in ons reeks, kyk ons na hoe Paulus se opstanding dinge in sy lewe, ín hom, verander het.