Identiteit (Liesl Maré)
Saulus, ‘n man verander, ‘n nuwe identiteit, ‘n nuwe naam.
Simon, ‘n man vasgevang, net nog dieselfde van die oue, vasgeketting in sy eie identiteit, die lus vir krag en mag net na ‘n ander bron ge-channel.
Wat beteken die kruis en kan dit vir ons almal ‘n nuwe identiteit gee? Of bly sommiges, maar net soos Simon, dieselfde; vasgevang in ons eie identiteit maar miskien net ge-upgrade sodat ons darem kan sê ons is ‘n christen? Sondag kyk ons na die twee manne in Handelinge, ons probeer delf om te sien wat het hulle verskillend gemaak en ook, wat kan ons daardeur leer – want ons wil nie net upgraded weergawes wees van ons ou self nie; ons wil soos Saulus nuut wees: nuwe naam, nuwe identiteit en nuwe hart.
Kom soek saam oor wat dit werklik beteken om ons kruis op te neem en ‘n volkome hartoorplanting te kry in Jesus!