Bekering (Siegfried Maré JNR en Emma Stevens)
As dit kom by kragtige bekerings, vat Paulus s’n ‘n groot stuk van die koek, veral as gevolg van die agtergrond waaruit hy gekom het. En al het hy soveel drooggemaak, weet hy dat Jesus sy skuld daarvoor betaal het. Paulus het nie toegelaat dat sy ou Saulus lewe, sy ou sondes, al sy baggage hom pooitjie in die uitlewing van die Plan wat God vir Hom het nie.
Ons leer by Paulus. Ons leer dat ons nie die bagasie van wat ons in die verlede aangevang het elke dag saam met ons moet sleep nie. Ons moet weet van Jesus se vergifnis en daaruit leer. Ons moet ons fokus verander, vir Jesus raaksien en besef dat Hy al Een is wat ons van hierdie wêreld kan red. En dan moet ons, soos Paulus, al daardie energie en passie vat en vir elkeen met wie ons in aanraking kom, van die groot Verlosser vertel.
In Timoteus 4:12 lees ons, “Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.” Dit is presies wat twee jong Akkers doen, in hulle loop op hulle eie opstandingspad. Geleer van die vrees van die Here, saam met ‘n passie om hulle vriende in die koninkryk te kry, is hulle die katalisators van groot veranderinge in baie van hulle vriendekring se lewens. Kom luister hoe Emma en Siegfried JNR met ons gesels oor repentance (bekering), en hoe Jesus ons vrymaak van die wet van sonde!