Reseppies (Siegfried Maré)

Die waarheid is dat ons almal op ‘n stadium al liggaamlik, geestelik, finansieël en emosioneël die vrot kant van die lewe ervaar het. That’s life. Ons lewe in ‘n gebroke wêreld waar mense regtig sukkel om te “cope”, en dan is daar goedbedoelende mense om jou dadelik by te kom met ‘n goedbedoelde reseppie of twee. Doen dit of dat en jou probleem is opgelos. So het prokureurs oplossings vir jou regsprobleme, makelaars met jou geldprobleme, die hoof vir jou kind se gedragsprobleme, die sielkundige vir jou kop-probleme, die koöperasie vir jou oesprobleme, dieëtkundiges vir jou gewigsprobleme en al wat ‘n buurvrou is met jou huweliksprobleme. Doen dit of dat en alles is reg. En kom ons praat liefs nie oor Dr. Google nie – die moderne eeu se antwoord op alles wat jy nog nie eens gedink het om te vra nie. Maar hierdie lewe is baie keer ver te kompleks en stroom-op vir goedkoop reseppies, en selfs die Bybel probeer nie vir elke ding ‘n kitsoplossing voor te stel nie.

Daar is ‘n liedjie van Crowder wat sê; “Earth has no sorrow that Heaven can’t heal.” En dit geld nie net vir “sorrow” nie. Dit geld vir álles. God het ons SO lief, Hy het vir ons ‘n Wonderbare Raadsman gegee om in die kamers van ons harte te woon, ons “inside-out” te ken; dinge van ons te weet wat niemand weet of ooit sal weet nie. Jesus is die antwoord op elke vraag en die oplossing vir elke probleem. Hy het raad vir elke krisis, ’n antwoord vir elke probleem, ’n voorskrif vir elke pyn, en ’n boodskap vir my en jou. Hy het nie net al die antwoorde nie; Hy IS die antwoord. Vader, help my om nie na reseppies te soek of kitsoplossings te volg nie, maar om my waarlik te wend na Die Een wat WEET.