HOEKOM JESUS…want saam met Jesus kan ek die wil van My Vader doen (Siegfried Maré)

Johannes 4:34 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.

Hoe het Jesus die wil van Vader gedoen en volbring?

Ons bid “laat U wil geskied”, maar wat is die wil van Vader? Wanneer ek weet wat Sy wil is, kan ek oefen en doen om dit te volbring.

En laastens, wat is die “voedsel” waarvan Jesus geëet het?