SKATTEJAG (Siegfried Maré)

Op die 25ste Januarie 1905, “struikel” ‘n niksvermoedende Frederick Wells letterlik oor die wêreld se grootste diamant – ‘n volle 3.106 karaat bielie wat die Cullinandiamant gedoop word. Dit was nie eens deel van Wells se portefeulje om die diamant te ontgin nie: as mynsuperintendent was hy besig met ‘n roetine inspeksie toe hy iets  in die sonlig sien skitter. Hy het opgeklim en die diamant met sy sakmes uitgewikkel.  Daar word verder vertel dat die man aan wie die taak toevertrou is om die diamant te sny, Joseph Asscher, vir ses maande lank die klippie bestudeer het voor hy gepoog het om dit te sny – en toe flougeval het omrede die oomblik  eenvoudig net te groot was vir hom. Raar, maar waar!

God se skatte is nie vir ons weggesteek nie – inteendeel, net soos die Cullinandiamant is dit reg voor ons, ready for the taking. En, het ons ook nie ‘n “portefeulje” nodig om dit te vind nie. Maar, al is God se skatte dáár én verniet, vra dit jou ALLES om dit te ontgin. Siegfried gesels oor hoe ons hierdie skat (wat ons rééds het), kan ontgin. Wees altyd oop om verras te word met die onverwagte, buite-die-boks-dinge van God!