SOEKEND (Siegfried Maré)

Blah blah blah, wara-wara fish paste, whatever…met ‘n gepaardgaande innerlike oogrol. Ongelukkig is dit menigmaal die reaksie wat ontketen word wanneer “Jesus” opdaag in ‘n gesprek. Wat gebeur in ons wêreld vandag? Ons het die Bybel in elke medium en taal denkbaar, ons het Christelike radio, televisie, duisende kerke, evangeliste, sendelinge, dominees en pastore. Maar om ons is ‘n wêreld wat soekend is na God…en so baie soek op die verkeerde plek. Hoe op aarde is dit moontlik? Mense is vuisvoos vir ‘n plastiek-godsdiens wat kitsantwoorde opdis en heeltyd vertel hoe “maklik” dit is om te glo. Die waarheid is; dit is nie altyd maklik nie. Die hartseer is; die basiese van die Evangelie van Christus raak vir mense vervelig en afgesaag.

Wat maak ons God anders? Wat is die oemf, die “x-faktor” van die Evangelie? As kinders van God is die antwoord vir ons vanselfsprekend ooglopend…maar as iemand se bekering van jou antwoord afhang, wat sal jou antwoord wees? Wat is DIE goeie nuus wat ons bring? Wat is die groot skat wat God vir ons bied en waarna die mensdom so soekend is maar soos skattejagters op die verkeerde plek grawe? Siegfried ontgin hierdie skat vir ons.