Versteurde Visie (Siegfried Maré)

Masker en bril-dra werk nie lekker saam nie. Wat ‘n gesukkel…sodra jy dit regkry om die versmorende stukkie lap uiteindelik om jou ore gehak te kry, ontsnap jou warm asem van onder jou masker en wasem jou bril toe. En in ‘n oogwink raak die wêreld dof en sukkel jy om te sien. Dit kan nogal ‘n gelollery afgee. Is dit nie maar wat vrees ook aan ons doen nie? Dit wasem ons geestelike brillense op – alles raak dof en blurry en what you see is not necessarily what you get. Ons sukkel om te sien. Vrees laat mens jouself ook dinge verbeel en hoe meer jy jouself iets begin indink hoe maklikker word dit ‘n werklikheid. Vrees bedrieg jou en trek jou in ‘n covenant in – dit laat jou dink die vyand is sterker as jy, maar dit kan mos nie, want Jesus het kláár gewen.

Siegfried gesels oor die antwoord op hierdie versteurde visie: haal die bril af en kyk deur oë van geloof na Die Een, Die Waarheid en Wysheid, wat altyd by ons is.