Visvang op droë grond (Liesl Maré)
Baie mense hoor die woord evangelisasie en wil wegkruip – hulle sien iemand op ‘n straathoek met ‘n ‘sound system’ en kan hulleself dit net nie sien doen nie. Hulle sien hulleself net nie as ‘n evangelis nie. Tog is Jesus se laaste opdrag aan ons almal om dissipels te maak- is die opdrag dan net vir ‘n ‘chosen few’? Of net vir dié met ‘n sekere gawe of persoonlikheid? Jesus beskryf ons as vissers van mense. Maar, hoe vang jy vis as jy nie eers weet watter kant is die voorkant van ‘n visstok nie?!
Jesus het vir ons ‘n hele paar praktiese voorbeelde gegee, en ons kyk hierdie Sondag na realistiese maniere hoe om mense te bereik. Dis steeds moontlik al voel dit in ons gejaagde, geldgedrewe samelewing soms onmoontlik. Elkeen van ons het ‘n invloedsfeer en ons gaan kyk hoe ons ‘n lig daar kan wees. Soos daardie Lig skyn sal dit mense blootstel aan die goedheid van ons Here. Kom ‘journey’ saam en besef wat se invloed jy eintlik het!