Vreeslose DNA (Siegfried Maré)
Op die oggend van 31 Oktober 2003 gaan 13-jarige Bethany Hamilton, aspirerende branderplankryer, saam met haar beste vriendin, Alana Blanchard, en dié se pa en broer by Tunnels Beach, Hawaii, branderplankry. Binne oomblikke wat hulle die water ingaan word Bethany se lewe onherroeplik verander toe ‘n 4 meter lange tierhaai haar linkerarm afskeur. Bethany oorleef die aanval. ‘n Maand later is sy terug in die water. Binne twee jaar verower sy haar eerste nasionale titel. Vandag is sy steeds een van die mees merkwaardige en inspirerende sportsterre in die wêreld, en het sy al menige vreesaanjaende monster brander oorwin – insluitende een met die bynaam Jaws. “She is designed to be fearless”, skryf ‘n produkborg oor haar. Bethany kon nie kies wat met haar gebeur nie, maar sy kón kies hoe sy daarop reageer.
Met Jesus se DNA in ons, is ons ook “designed to be fearless”. Wanneer ons Vrees in die gesig staar, kan ons kies om dit te aanvaar en toe te laat dat dit ons geloof en waagmoed, ons lewe, van ons afrokkel. Of, as ‘n “adopted child” met ‘n geankerde identiteit in Christus, kan ons kies om te sê, “Vrees, wéét jy wie my Pa is?”. Ons kan kíés om ‘n Fearless Child te wees.
Siegfried gesels oor “As vrees nie ‘n faktor was nie”.