7 Julie 2019 – Marinda Geyer

Wat is die EEN DING wat ons bo alles nodig het vir geestelike volwassenheid?

Vir Dawid was dit om in die Vader se huis te woon en Sy aangesig te aanskou (Psalm 27 vers 4)

Vir Maria was dit om by Sy voete te sit, en nie afgelei te word nie (Lukas 10 vers 42)

Vir Paulus was dit om van die verlede te vergeet en sy hart aan die toekoms te wei (Fil 3 vers 13)

Vir ons is dit om eerste die koningkryk van God te soek, en sy geregtigheid (Mat 6 vers 33)

Wat weerhou ons van totale oorgawe en vertroue in Hom?

Marinda delf dieper in ons tema oor Geestelike Volwassenheid.