Wat is jou hoekom? (Siegfried Maré)

“The greatest single cause of atheism in the world today is Christians who acknowledge Jesus with their lips and walk out the door and deny Him by their lifestyle. That is what an unbelieving world simply finds unbelievable.” (Brennan Manning)

Sjoe. Kragtige stelling. Cuts to the bone, soos ons Engelse vriende sal sê. Maar, dit is die harde werklikheid van hoe die wêreld Christenskap beskou. Christene is huigelaars, of bloot net koekoes. Sou jy ‘n oorredende en beredeneerde toespraak moet lewer om ‘n “unbelieving world” tot jou standpunt te beïnvloed en te oorreed, wat sou jy sê? Soos ons die afgelope paar Sondae gesien het, is ons almal reeds equip om die “regte” ding te sê, die pitte te plant en ander te help om die skatte te ontgin, om Jesus te leer ken…maar ná als gedoen en gesê is kom dit op een ding neer: HOEKOM. Hoekom sal jy jou lewe vir Jesus wil gee…hoekom het jy… Die eintlike vraag moet seker wees: hoekom sal jy NIE wil nie?

Ons is dalk koekoes. Maar ons is koekoes vir Jesus.