Wie skryf jou storie? (JD Bredenkamp)
Stories het ‘n spanningslyn. Ons stories het ook spanningslyne – daarsonder sal dit nie ‘n storie wees nie. Tog probeer ons om van die spanning ontslae te raak. God moet my uit hierdie moeilikheid uithaal. Ek wil nie meer nie.
Partymaal is ek gespanne en dan deel ek dit met mense om my. Hulle probeer my spanning verminder deur hulle woorde – en ook wat hulle doen (hulle help my met raad, met dinge wat hulle vir my doen, hulle bid vir my). En baie maal is die ding in my lewe wat my spanning gee in die toekoms – the sense of not knowing of die onbekende, maak my gespanne! En dan stress ek oor wat nog nie gebeur het nie.
Na die tyd kyk ek terug en dan kan ek met ‘n glimlag vertel van hoe dinge verloop het. Dan is die negatiewe vergete en kan ek opgewonde vertel van ‘n moeilike ding wat nou agter my lê.
Dit laat my dink aan Paulus. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Goeie Nuus: Jesus het vir jou gesterf om jou vry te koop, Hy sal die werk wat Hy in jou begin het voltooi. Die GROOT PRENTJIE is dat jy die Ewige Lewe saam met Hom het. Hy regeer! Hy voorsien! Hy onderhou! Hy voltooi!
As Christene leef ons deur geloof – ons vra hulp soos Jesus hulp gevra het in die tuin van Eden toe Hy bloed gesweet het; BID, vra ander om saam met jou te bid.
(Ons vra verskoning vir die swak gehalte van hierdie klankopname)