You are what you eat (Siegfried Maré)
In Johannes 6 maak Jesus dit baie duidelik: Hy verseker ons – as ons nie Sy liggaam eet en Sy bloed drink nie, het ons nie lewe in ons nie. Sy belofte is: wie na Hom toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in Hom glo, sal nooit weer dors kry nie. Ons moet dit goed verstaan: om Sy liggaam te eet en Sy bloed te drink is om ‘n lewendige verhouding met Hom te hê. Jesus in ons. Dit klink só obvious. Maar ons mis dit so maklik! As jy ‘n skrywer wil word, moet jy skryf. As jy ‘n onderwyser wil word, moet jy klas gee. As jy met Jesus ‘n lewensveranderende verhouding wil hê, moet jy jou geestelike eetgewoontes aanpas en jou op ‘n verhouding met hom toelê. En só ’n verhouding is intens prakties. Soos wat ons dit aanneem en dit oordink en dit deel van ons binnewêreld en ons leefwêreld word, so voed Hy ons en verander Hy ons om al hoe meer soos Hy te word. Jesus in jou om die braaivleisvuur. Jesus in jou in Spar se ry. Jesus in jou wanneer jy bestuur. Wat beteken dit? You are what you eat.
Dit is waar. Dit is lewensveranderend. Dit is vir jou. Dit is genoeg. Dit sal jou tevrede stel. Neem dit en eet.