Mauritius uitreik

Dit is die elfde uitreik wat Die Akker Christelike Kerk aandurf in Mauritius: ‘n Groep van 10 wat besluit het om die Woord te gaan verkondig in die Suide van Mauritius waar mense honger is vir Jesus. Die uitreik was 7 dae lank met ‘n vergadering of geleentheid elke aand behalwe vir die 3rde (toe die plaaslike kerk besluit het om ons te seën  met ‘n uitstappie na ‘n pretpark in die omgewing)

Ons het die Sondag, die dag nadat ons geland het, na ‘n kerk herdenking gegaan waar die span ‘n geleentheid gehad het om saam met ‘n paar van die jeuglede te bid en ‘n wonderwerk van genesing te ervaar. Daarna moes ons terugjaag om gereed te maak vir die Mauritius troue wat sou plaasvind daardie middag/aand. Die troue was ‘n wonderlike geleentheid om die kultuur te leer ken en verhouding te bou met die plaaslike kerk lede.

Die week het baie vervoer geverg bv ons het Port Louis meer as een keer besoek het (so ‘n uur en ‘n half weg). Die Maandag het ons deurgery na Port Louis om ‘n kerk te besoek en drie van ons lede het die geleentheid gekry om ‘n boodskap te deel. Daar was genesings, manifestasies en wonderwerke betrokke soos ons span vir die kerk bemoediging en rigting gebied het.

Die ‘worship’ by die kerke was diepgaande. Alhoewel meeste liedjies in Creole gesing was kon ‘n mens die Heilige Gees voel beweeg en ons het ‘n hele paar genesings getuig tydens die aanbidding. Woensdag het ons in die oggend ‘n jeug uitreik gehad na ‘n winkelsentrum in Port Louis. Ons het op ‘n publieke bus oppad ge’worship’. In die winkelsentrum self was ‘n paar woorde van die bid span in Suid-Afrika bevestig en ons kon vir mense woorde van kennis bring asook bemoediging. Die aand is die vroue, pastore en jeug in verskillende areas opgedeel, deur verskeie groeplede bedien. Verhoudings was gebou en mense aangeraak.

Donderdag- en Vrydagaand het ons Veronique en Marino se kerk besoek en die kerk het ‘n groot wonderwerk ervaar waar mense voor die kerk kon getuig oor die wonderwerke van die week.  Die uitreik het afgesluit met ‘n ete by die kerk waar die span die verhoudings wat gemaak was kon vestig en die mense vir die laaste keer kon aanmoedig om die Here volheid te dien.

  Abigail Maré