"Laat Die Kinders Na My Toe Kom..."

Ons Kinder & Jeugbedienings

Die Akker sien kinders as net so waardevol en uniek soos elke volwassene, en daarom is die mandaat wat Jesus ons gegee het in Mattheus 28
vers 19, om dissipels te maak van alle nasies, vir ons van toepassing op die kindertjies ook. Jesus het gesê dat ons dissipels moet maak van
almal, en vir ons sluit dit kindertjies in.
Die hart is om kinders bloot te stel aan die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die volle drie-enige God is relevant vir kinders van enige
ouderdom en ons probeer hulle leer dat God hulle lief het, Sy seun Jesus Christus vir hulle gesterf het en rede gee, Die Heilige Gees hulle
Trooster is te alle tye en dat Hy rigting gee.

Ons kinderbediening is tans opgedeel in drie dele
Akkerkidz: Kinderkerk Sondae vir kinders van ouderdom 3 tot 9
Tweens: Sondae vir kinders van ouderdom 10 tot 13
JOE Crew: Hoërskool kinders – Sondae in die kerk by volwassenes en elke Sondagmiddag ‘n bymekaarkoms.

AKKER KIDZ

Kinders se hoofbron van die Here se hart en wysheid bly die ouerhuis. Alhoewel ‘n kinderkerk kinders kan blootstel aan die evangelie en klein
dissipeltjies maak, is dit steeds beperk tot Sondae en daarom is die ideaal dat die ouerhuis hande vat met die kerk om dieselfde waardes en waarhede deur die week te sement.

Ons gebruik tans ‘n aangepaste weergawe van die Ivangelie Kurrikulum

AKKER TWEENS

Tweens is soms in ‘n ongemaklike fase tussen kindwees en tiener wees. Ons het meeste Sondae tydens die diens ‘n groepie Tweens wat
bymekaarkom, saam met ‘n volwassene, en deur verskeie onderwerpe gesels en soms ook die Ivangeli Kurrikulum gebruik as riglyn.

JOE CREW

Ons vind dat die jeug en jong volwassenes in ‘n samelewing grootword waar hulle gereeld voel hulle pas nie in nie. Die jeugmiddae, Sondagmiddae 3-5PM, is ‘n besondere spasie van aanmoediging en oprig van hierdie groep millennials en poog om hulle die toerusting te gee, vir hulle te bid en die ondersteuning om hulle unieke skeppingsdoel uit te leef.

As jy 13jr – Graad 12 is, kom skakel gerus Sondagmiddae in by ons!

Reik Uit Na Ons

Het jy nodig om met iemand te gesels? Het jy raad nodig oor iets wat in jou lewe gebeur en voel is nodig om te ‘download’? Ons is hier, praat met ons…