TIENDES OFFERGAWES DONASIES

Die Akker

TIENDES

Meeste van die mense wat Die Akker as hulle kerk beskou, betaal op ‘n gereelde basis ‘n tiende oor aan die kerk.  ‘n Tiende is ‘n manier om God te eer met die eerste 10% van jou inkomste en is vir die kerk.

OFFERGAWES & AALMOESE

Offergawes is bydraes wat gegee word bo en behalwe die tiendes en word gebruik vir behoeftes wat die Ouderlinge identifiseer en wil aanspreek. Aalmoese is bydraes wat gebruik word om mense by te staan wat geldelike/materiale behoeftes het.

APOSTOLIES & PROJEKTE

Die Akker het gereeld uitreike en het mense van die NCMI apostoliese span wat kom bedien, die apostoliese bydraes word vir beide gebruik Soms is daar projekte waarby die kerk betrokke raak soos bv weeshuise of gemeenskapsprojekte, die Projektefonds word daarvoor aangewend.

bank besonderhede

Tiendes, offergawes, donasies of skenkings kan direk in ons bankrekening inbetaal word. Indien die donasie vir ‘n spesifieke doel is, bv. Apostoliese uitreike, merk dit asb duidelik so.

Ons bankbesonderhede is:

Rek naam: Die Akker
Bank: Nedbank
Tak: Cresta;
Kode: 191305
Rek no: 1913381269
Internasionale kode (SWIFT code): NEDSZAJJ191305
Rek tipe: Tjek

Die Akker Boufonds

Kinders se hoofbron van die Here se hart en wysheid bly die ouerhuis. Alhoewel ‘n kinderkerk kinders kan blootstel aan die evangelie en klein dissipeltjies maak, is dit steeds beperk tot Sondae en daarom is die ideaal dat die ouerhuis hande vat met die kerk om dieselfde waardes en waarhede deur die week te sement.

Ons gebruik tans die Ivangelie Kurrikulum wat in ‘n drie jaar siklus opgedeel is.

Scratch

SCRATCH is ‘n geregistreerde NPC en Die Akker se hand om uit te reik na ons gemeenskap en ander gemeenskappe.

Vir SCRATCH is donasies belasting aftrekbaar en depositos kan gemaak word in ons SCRATCH rekening by:

Nedbank in rekening nommer 1032314559, Cresta tak, met tak kode 191305.

Internasionale kode (SWIFT code): NEDSZAJJ191305

Merk asb duidelik indien die donasie vir ‘n spesifieke projek is.