Wie Ons Is

Ons Glo

Ons Missie

Ons Waardes

Ons Leierskap

Ons Netwerk

Ons Glo:

Ons waardes, vir ons onveranderlik en gegrond op die Woord van God, is:

Die hele Bybel is God-geinspireerd en leer ons hoe om as Christene te leef (2 Tim 3:16);

Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is (1 Jn 5:1-5);

Jesus is ons Redder, Herder en Leier en is die begin en einde van ons geloof (Hebreers 12:2 en 6:1-2);

Die Heilige Gees is ons Trooster, Leraar en Berader en Hy lei ons in alle waarheid (Johannes 14:16);

Ons word deur die Genade van Jesus Christus gered en nie deur ons werke nie (2 Tim 1:9);

Elke gemeente is uniek en daarom is dit goed om seker te maak dat die kerk die regte een vir jou is. Kerke is soos busse, oppad in dieselfde rigting en na dieselfde eindbestemming, maar elke bus is uniek met sy eie waardes en familietrekke.
So ook is Die Akker familie enig in sy soort.

Ons Missie

Ons missie-verklaring lui: “Jy is nie alleen nie. Kom ons maak saam ‘n verskil”. Dit beskryf ons as ‘n gemeenskap van vriende wat God liefhet, mekaar liefhet en begeer om ons wêreld radikaal aan te raak en te verander. In die uitlewing van ons roeping van die Here, wil ons:

‘n Deeglike studie van die Bybel van Genesis tot Openbaring toon dat die Here radikaal is en ingestel is op verhoudinge. As ‘n gemeente is dit ons kernvisie om elke gemeentelid te sien en help groei tot volwassenheid in sy/haar verhouding met die Here.

Dit bring dan ‘n gesonde, sterk en relevante kerk te weë wat ‘n verskil in die gemeenskap kan maak. Ons wil ten alle tye Christene oprig om in hulle volle potensiaal in te beweeg en hulle visies ten volle uit te leef. Ons is sekerlik nie ‘n organisasie nie, ook nie ‘n besigheid of ‘n institusie nie. In die werklikheid van verhoudinge, is ons ‘n familie wat strewe om hierdie etos uit te leef in ‘n alledaagse, maar eerlike benadering tot ons geloof.

Soos elke huis ‘n unieke atmosfeer en karakter het, so het Die Akker Christelike Kerk ‘n karakter wat beide Christelik is in sy algemene toepassing maar ook relevant is in sy unieke atmosfeer en karakter.

Ons Missie:

Ons Waardes & Werkstuie:

Hierdie waardes in hulle suiwer vorm verteenwoordig ons begeerte om ‘n Nuwe Testamentiese gemeenskap uit te leef. Dit is van kardinale belang dat ons die toepassing van ons geloofsoortuiginge vind binne die grense van hierdie waardes. Dit voeg eerlikheid en deursigtigheid tot ons leierskap en help ons om die plesier en vreugdes van ‘n egte Christelike gemeenskap te ontdek.

Ons Leierskap

Ouderlinge

SIEGFRIED & LIESL

Siegfried is tans die hoofouderling van ‘n span ouderlinge in Die Akker. Hy en Liesl bedien as egpaar al saam vandat hulle getroud is in 1993. Hulle het 4 kinders en ‘n skoonseun wat almal baie lief is vir Jesus. Vandat Siegfried en Liesl in die vroeë 90’s hul harte vir die Here gegee het, het hulle ‘n passie gehad vir al die nasies van die wêreld sowel as om die Here se kudde te kan voed en bedien. Om die onmiddelike omgewing van Linden, sowel as groter Johannesburg te sien groei en help heel maak is op die voorgrond van hul bediening in Die Akker. Die paartjie reis gereeld na die lande waar die Here vir hulle deure oopmaak, om die Goeie Nuus te versprei. Hulle glo vas dat niemand alleen hoef te wees nie en saam kan ons ‘n verskil maak.

JACO & ADÉLE

Jaco en Adéle is deel van die Ouderlingspan van die Akker wat die herders van die Akker kudde is. Hulle het in 2012 deel geword van die Akker familie nadat beide ‘n honger gehad het vir meer van Jesus. Jaco en Adele is geseën met twee wonderwerk-kinders. Hierdie twee Prayer Warriors LÉÉF hulle passie en liefde vir Jesus uit deur op uitreike te gaan, vir mense te bid, te beraad en te vertel dat Jesus die antwoord op al hulle probleme is. Adele en Jaco vervul verskillende oorsienende rolle in die kerk.

Diakens

JAMES & RIA

James en Ria is diakens en die leiers van ons jeugbediening, JoeCrew, wat staan vir "Jesus Oorkom Enigiets." Ria het in 2010 deel geword van Die Akker en sy en James is in 2015 getroud, waarna hy ook by die Akker aangesluit het. James en Ria is passievol oor God se mense- veral jong mense Hulle streef daarna om vir die tieners van vandag die nodige Christelike waardes en lewensvaardighede te leer om hulle ligte te kan skyn vir Jesus James lei ons kerk se bidspan wat mense in gebed bedien Sondagoggende, sowel as in die week. Hy is ook betrokke by die Mannebid op Vrydagoggende en Ria by gasvryheid Sondagoggende. Hulle het al Divorce Care gefasiliteer en het ‘n passie om mense genees en vry te sien

DELMAINE & LINDI

Delmaine en Lindi se passie vir bediening het jare terug al begin toe hulle mekaar in ‘n Christelike gapjaar ontmoet het. Daarna het hulle by Die Akker aangesluit vanaf 2010. Hulle liefde het geblom en hulle is in 2012 getroud. Oor die jare het hulle twee dogtertjies ryker geword. In 2016 is hulle ingeseën as diakens en Delmaine het in 2020 die leisels van die Aanbiddingsspan oorgeneem en lei steeds die span musikante. Selfs voor hulle getrou het, het albei gevoel hulle is geroep vir die bediening en daar is vir hulle niks lekkerder as om saam musiek te maak en hulle passie vir Jesus uit te dra na die nasies toe nie

Ons Netwerk

Die Akker is deel van ‘n internasionale netwerk genaamd NCMI. New Covenant Ministries International  is onder die leiding van Tyrone Daniel en is outonome kerke wat saamwerk, mekaar ondersteun en ‘n apostoliese span het wat in die kerke kan insaai.

New Covenant Ministries International (NCMI) is a translocal ministry team with an apostolic-prophetic heart, that is comprised of men and women who, through partnership, help pastors / elders build their local churches in doing the work of Jesus Christ’s Kingdom in their areas. Our work is in equipping and mobilising believers for the fulfillment of the work of the Kingdom and the discipling of the nations.

NCMI is not a grouping of churches, a denomination, a movement or an organisation. It is simply a name given to a team with recognised Ephesians 4:11.

Ons Netwerk

Die Akker is deel van ‘n internasionale netwerk genaamd NCMI. New Covenant Ministries International  is onder die leiding van Tyrone Daniel en is outonome kerke wat saamwerk, mekaar ondersteun en ‘n apostoliese span het wat in die kerke kan insaai.

New Covenant Ministries International (NCMI) is a translocal ministry team with an apostolic-prophetic heart, that is comprised of men and women who, through partnership, help pastors / elders build their local churches in doing the work of Jesus Christ’s Kingdom in their areas. Our work is in equipping and mobilising believers for the fulfillment of the work of the Kingdom and the discipling of the nations.

NCMI is not a grouping of churches, a denomination, a movement or an organisation. It is simply a name given to a team with recognised Ephesians 4:11 gifts.

Die apostoliese hart is die hart van ‘n argitek – die hart om koninkryk te bou. Dit sluit in die plant van nuwe gemeentes, opbou van huidige gemeentes en uitreike na die uithoeke van die wêreld. Hierdie roeping is deel van die hart van Die Akker. Ons hoofleiers is deel van die apostoliese span van New Covenant Ministries International en reik soveel moontlik uit na ander gemeentes. Elke uitreikgeleentheid is ‘n geleentheid vir gemeentelede om saam te gaan en saam te bou aan God se koninkryk.
Die Apostoliese
Die Akker glo in die vyfvoudige bediening om die liggaam van Christus op te bou tot volwassenheid. Die profetiese gawe is van kardinale belang en dien as die oë van die liggaam. Ons het ‘n profetiese bidspan wat weekliks vir die kerk, ons land en wêreldsake intree. Die profetiese mandaat is deel van ons kerk se DNA.
Die Profetiese
Ons glo dat beide mans en vroue deur God gestuur word vir die onderrig, opleiding en toerusting van die liggaam van Christus. Leraars in die kerk bring insig en word spreekbuise van wat God oopbreek. Die Akker kerk se doktrines word deur die Ouderlinge bepaal en dit dien as riglyne vir die leringe wat uitgaan.
Onderrig & Leraars
As Die Akker glo ons dat die wêreld nodig het om die Goeie Nuus te hoor. Ons is daarom verbind tot die verspreiding van die evangelie in ons eie gemeeskap sowel as na die uithoeke van die wêreld. Geleenthede word geskep vir almal om die Goeie Nuus uit te dra deur gereelde uitreike.
In Evangelisasie
Ons glo dat die vurige gebed van ‘n regverdige groot krag het en dat dit die verantwoordelikheid van elke gelowige is (Jak. 5:16). As ‘n kerk het ons verskeie geleenthede om te bid, hetsy aanlyn of in persoon. Word deel en kom bid saam.
Gebed & Intersessie