Die Akker sien kinders as net so waardevol en uniek soos elke volwassene, en daarom is die mandaat wat Jesus ons gegee het in Mattheus 28 vers 19, om dissipels te maak van alle nasies, vir ons van toepassing op die kindertjies ook. Jesus het gesê dat ons dissipels moet maak van almal, en vir ons sluit dit kindertjies in.
Die hart is om kinders bloot te stel aan die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die volle drie-enige God is relevant vir kinders van enige ouderdom en ons probeer hulle leer dat God hulle lief het, Sy seun Jesus Christus vir hulle gesterf het en rede gee, Die Heilige Gees hulle Trooster is te alle tye en dat Hy rigting gee.

Ons kinderbediening is tans opgedeel in twee dele:
• Akkerkidz: Kinderkerk Sondae vir kinders van ouderdom 3 tot 10.
• JOE Crew: Jong Volwassenes – Sondae in die kerk by volwassenes en elke Sondagmiddag ‘n bymekaarkoms.

AKKERKIDZ

Kinders se hoofbron van die Here se hart en wysheid bly die ouerhuis. Alhoewel ‘n kinderkerk kinders kan blootstel aan die evangelie en klein dissipeltjies maak, is dit steeds beperk tot Sondae en daarom is die ideaal dat die ouerhuis hande vat met die kerk om dieselfde waardes en waarhede deur die week te sement.
Ons gebruik tans die Ivangelie Kurrikulum wat in ‘n drie jaar siklus opgedeel is.

Die jeug en jong volwassenes is reeds geintegreer in ‘n samelewing waar hulle gereeld voel hulle pas nie in nie. Die jeugaande is ‘n besondere tyd van aanmoediging en oprig van jong mense en poog om hulle die toerusting te gee, sowel as die ondersteuning om hulle unieke skeppingsdoel uit te leef.
JOE Crew is ons jeug groep by Die Akker. Ons bied verskeie geleenthede vir skakeling, uitreik en aanbidding vir ons millenials aan. As jy 13jr – Graad 12 is, kom skakel gerus Sondagmiddae in by ons.
Vir meer inligting, kontak vir Ria by 072 542 0855.

Het jy nodig om met iemand te gesels? Het jy raad nodig oor iets wat in jou lewe gebeur en voel is nodig om te ‘download’? Ons is hier, praat met ons…


    JaNee