Ons laai gereeld nuwe preke, artikels, seminare en hulpmiddels. Loer weekliks in om nuwe materiaal te ontdek en indien jy meer hulp nodig het kontak ons gerus: admin@dieakker.co.za
NUUTSTE PREKE
9 Augustus 2026 – Water in wyn – met die Heilige Gees (Ria Stevens)
Water in wyn. God wil my en jou transformeer van “water tot wyn” deur Sy Heilige Gees, vir Sy glorie en dat die Here ons kan gebruik vir Sy koninkryk.
19 April 2026 – Gawes – Deel 1 – ‘n Oorsig uit die Woord (Liesl Maré)
Ons skop af met ons Gawes-reeks! Liesl begin met ʼn oorsig uit die woord van die verskillende gawes- Die Motiveringsgawes, Bedieningsgawes en Heilige Gees gawes. Luister gerus na dié preek en volg ons preekreeks.
15 Februarie 2026: Drie Vaders: Deel 1- Aardse Pa (Liesl Maré)
In die eerste van ‘n preekreeks oor vaders gesels Liesl oor die rol van ons aardse vaders. Sy kyk na ons Hemelse Vader en Jesus, Sy Seun, as voorbeeld en bemoedig ons om met ons pa-wonde na die Goeie Vader te gaan sodat Hy ons kan genees.
25 Januarie 2026: Ek wil Vas (Siefried Maré)
In hierdie boodskap breek Siegfried Matt 17:15-21 vir ons oop en verduidelik wat kan gebeur as ons wil vas.
12 Oktober 2025: Dissipelskap – Deel 3.3: Die Heilige Gees help ons, as dissipels en kerk van Christus. (Delmaine Fritz)
Ons gaan na ‘n spesifieke “onsigbare” gedeelte van die skepping kyk en hoe dit ‘n prentjie is, van hoe die Heilige Gees vir ons as Sy kerk help, veral om mekaar te help en na mekaar se behoeftes om te sien.
10 Aug 2025: Wedergeboorte – Deel 4: My Werk en my Wedergeboorte. (Siegfried Maré)
Ons kyk na deel 3 van ons Wedergeboorte reeks. Werk. Het jy ʼn begeerte om iets, volgens die Here se wil, vir Hom te doen?
20 Julie 2025: Wedergeboorte (Siegfried Maré)
Is jy wedergebore? Ons het gekyk na wat dit beteken om wedergebore te wees en hoekom Jesus dit in die Bybel vir ons uitgelê het.
13 Julie 2025: ‘n Aanmoediging van Jesus (James Stevens)
6 Julie 2025: Onwankelbaar – Deel 14: Die belofte en seën van onwankelbaar wees. (Ria Stevens)
LEES SAAM:
Ons lees tans Nancy DeMoss Wolgemuth se boek, Lies Women Believe: And the Truth that Sets Them Free.








