Kom en dien God saam met ons
Ons wil graag hê dat jy saam met ons die Here kom dien op Sondae.
Elke Sondag vanaf 9h00
Waar?
Ons tuiste is die skoolsaal by Laerskool Louw Geldenhuys en ons eredienste word ook oor Microsoft Teams uitgesaai.
Volg die skakel vir ons aanlyn diens: https://bit.ly/DieAkker
OMGEEGROEPE & GEBEDSGROEPE
ONS OMGEEGROEPE
Ons kom gereeld saam om die gemeenskap van gelowiges ‘n realiteit te maak, soos die voorbeeld van die Handelinge Kerk. Die Omgeegroepe is ‘n platform waar ons mekaar beter kan leer ken, verantwoordbaar hou en ondersteun.
Elke tweede Dinsdagmiddag – Jong Volwassenes Koffie: 17h00-18h00
Elke tweede Dinsdagaand – Pitstop: 18h00-20h00
Eerste Dinsdagaand van die maand – Vrouegroep: 19h00-21h00
Donderdagoggende – Dames Koffie Kuiers: 10h00-12h00
Vrydagoggende – Mannebid: 5h00-6h00
Sondagaande – Woordsel: 17h00-19h00


ONS GEBEDSGROEPE
Ons glo in die krag van gebed.
Oggendbid – Dinsdag- en Donderdagoggende 5h30 – 6h30 (op Teams https://bit.ly/DieAkker)
Korporatiewe bid – Sondagoggende 6h00 – 7h00
Kom bid saam vir ons diens – Sondagoggende 8h00 – 8h30
Intersessie vir Uitreike – As gemeente poog ons om ‘n 24hr gebedsdekking te bied as daar ‘n groep op ‘n uitreik gaan. Hou asb kalender dop of kontak admin@dieakker.co.za
ONS WERK SAAM
As ‘n familie werk ons saam om die dienste op Sondae moontlik te maak. Die Akker bied verskeie platforms waar jy kan inskakel en help. Kontak gerus die admin@dieakker.co.za om aan te dui waar jy betrokke wil raak.
Oorsieners Span
Verantwoordelik vir die algehele opstel en werking van al die fasiliteite voor en tydens die kerkdiens op Sondae.Kontakpersoon: Jaco
Klank Span
Verantwoordelik vir die oprig en afbreek van die klanktoerusting elke Sondag en die klank, opnames en projektor gedurende die diens.Kontakpersoon: Jaco
Lofprysing Span
Die span lei die lofprysing elke Sondag tydens die diens en oefen Donderdagaande om 18h30Kontakpersoon: Delmaine
Gasvryheid Span
Verantwoordelik vir die koffie en tee en ingangdekor van die saal.Kontakpersoon: Maria
Verwelkomings Span
Verantwoordelik vir die verwelkoming van besoekers by die saal se ingang.Kontakpersoon: Maria
Kinderkerk Span
Kinderkerk bediening op Sondae.Kontakpersoon: Adéle
Polisie vrywarings vorm word benodig.
Tweens Span
Tweens bediening op Sondae.Kontakpersoon: Nadine
Polisie vrywarings vorm word benodig.
