DIE AKKER
Tiendes
Meeste van die mense wat Die Akker as hulle kerk beskou, betaal op ‘n gereelde basis ‘n tiende oor aan die kerk. ‘n Tiende is ‘n manier om God te eer met die eerste 10% van jou inkomste en is vir die kerk.
Offergawes & Aalmoese
Offergawes is bydraes wat gegee word bo en behalwe die tiendes en word gebruik vir behoeftes wat die Ouderlinge identifiseer en wil aanspreek. Aalmoese is bydraes wat gebruik word om mense by te staan wat geldelike/materiale behoeftes het.
Bank Besonderhede:
Tiendes, offergawes, donasies of skenkings kan direk in ons bankrekening inbetaal word. Indien die donasie vir ‘n spesifieke doel is, bv. Apostoliese uitreike, merk dit asb duidelik so.
Ons bankbesonderhede is:
Rek naam: Die Akker
Bank: Nedbank
Tak: Cresta; Kode: 191305
Rek no: 1913381269
Internasionale kode (SWIFT code): NEDSZAJJ191305
Rek tipe: Tjek
Die Akker Boufonds
As Akkers sal ons baie graag eendag ons eie perseel wil beklee. Ons glo dat ons eie perseel ons afdruk in die gemeenskap sal vestig. Tans het ons nie moontlikhede van persele wat te koop is nie, maar ons begin solank spaar vir die visie van ons eie plek. Indien jy wil bydra om ons boufonds te help groei, asb deponeer geld in die SCRATCH rekening
Vir Die Akker Boufonds is die donasies belasting aftrekbaar en depositos kan gemaak word in ons SCRATCH rekening by:
Nedbank in rekening nommer 1032314559, Cresta tak, met tak kode 191305.
- Internasionale kode (SWIFT code): NEDSZAJJ191305
Merk die donasie asb duidelik as Akker Boufonds.
SCRATCH
SCRATCH is ‘n geregistreerde NPC en Die Akker se hand om uit te reik na ons gemeenskap en ander gemeenskappe.
Vir SCRATCH is donasies belasting aftrekbaar en depositos kan gemaak word in ons SCRATCH rekening by:
Nedbank in rekening nommer 1032314559, Cresta tak, met tak kode 191305.
- Internasionale kode (SWIFT code): NEDSZAJJ191305
Merk asb duidelik indien die donasie vir ‘n spesifieke projek is.