Jaco en Adéle word as Ouderling-paartjie bevestig!
Ons het die wonderlike voorreg gehad om Sondag saam met Jaco en Adéle te celebrate, toe hulle die amp waartoe ons Here hulle geroep het ‘formeel’ die JA-woord gee!
Kenny le Roux het vir ons die Woord gebring, waarna ons nuwe Ouderling-paartjie deur Handoplegging bevestig is. Luister gerus na Kenny se boodskap – dit het nie net betrekking op ‘ampsdraers’ nie, maar op elkeen van ons.
(Ons vra verskoning vir die swak kwaliteit aan die begin van die klankgreep – dit word beter namate die preek vorder!)