In April van 2011 het Connie Hallowell en sy gesin Umkomaas toe getrek en vanaf die Julie het hulle amptelik in hulle sitkamer begin kerk hou met 8 tuinstoele, ‘n projektor en ‘n kitaar. Vandag is hulle ‘n aktiewe gemeente en City Hill Southcoast is goed gevestig in hierdie kusdorpie. Connie Hallowell deel sy getuienis. ‘n Storie van wonderwerk op wonderwerk-hoe God hierdie kansvat-hengelaar se lewe gered het.