Preke

2 Augustus 2026 – Die Heilige Gees en Dissipelskap (Siegfried Maré)
Die Heilige Gees help jou om dissipels te maak. Hy maak jou ook ʼn mentor. Siegfried deel 4 fokus areas wat mentorskap behels.

26 Julie 2026 – My Roeping en die Heilige Gees. (Siegfried Maré)
Siegfried deel met ons hoe ons SAAM met die Heilige Gees wil werk sodat ons die mense rondom ons aan kan raak met Sy genade en vryheid. Hy verduidelik die vyf stappe wat ons neem in ons pad saam met die Here.

19 Julie 2026 – Ek kies die Heilige Gees. (Siegfried Maré)
Ons tema hierdie jaar is die Heilige Gees en hoe om saam met Hom te loop. Siegfried breek oop oor hoe ons die Heilige Gees kan kies-ons moet besef dat Hy in ons woon, ons lewend wil maak, lei en dat ons Sy skuldenaars is.

12 Julie 2026 – Heilige Gees Sixty60 – wanneer die Gees jou drywer word. (Adéle van der Walt)
Ons ontdek hoe die vennootskap tussen Jesus se ryk pakhuis van genade sowel as die krag van die Heilige Gees ons daaglikse lewens kan transformeer. Ons het gekyk na hoe ons as “scooters” die Here se pakkies van Vrede, Liefde en Hoop reguit na ‘n wêreld in nood kan neem.

5 Julie 2026 – Die Gees in my het ‘n effek op ander. (Siegfried Maré)
Jy het die keuse om te kies watter gees jy fasiliteer. Dit het ʼn direkte invloed op die mense om jou. Kies Die Heilige Gees om deur Hom ʼn lewe-gewende en positiewe effek op ander te kan maak.

28 Junie 2026 – Gawes – Deel 9 – Die Heilige Gees Gawes Manifesteringsgawes- Deel 2 (Liesl Maré)
In hierdie laaste preek van die Gawes-reeks breek Liesl die Heilige Gees gawes oop. Die laaste afdeling is die Krag- en Verbale deel van hierdie Gawes. Kom leer saam hoe die Heilige Gees jou kan gebruik as Sy instrument vir God glorie.
Lees Saam

Ons lees tans Nancy DeMoss Wolgemuth se boek, Lies Women Believe: And the Truth that Sets Them Free.
Preke

25 Oktober 2026 – Vreugde en liefde in en deur die Heilige Gees (Liesl Maré)
Liesl deel van die Heilige Gees as ‘n onuitputbare Bron van Liefde en Vreugde. Sy moedig ons aan om dit te ontvang by die Vader en dan uit te leef aan ander, ongeag ons omstandighede.

18 Oktober 2026 – Ek kies om ‘n Herder te wees, deur te kyk na Dawid se 5 klippe – 3. Elkeen is belangrik vir die Heilige Gees (Siegfried Maré)
Elkeen is belangrik vir die Heilige Gees. Siegfried deel die 3de klippie in die reeks van “Hoe om ʼn herder in die Here se kerk te wees”

11 Oktober 2026 – Ek kies om ‘n Herder te wees, deur te kyk na Dawid se 5 klippe – 2. Die Heilige Gees bly (abide) in die kerk (Siegfried Maré)
In die tweede klippie van die reeks van “Hoe om ‘n herder in die Here se kerk te wees”, deel Siegfried hoe die Heilige Gees in Sy kerk ‘abide’