Preke

1 November 2026 – Ek kies om ‘n Herder te wees, deur te kyk na Dawid se 5 klippe – 4. Ek is ‘n Herder SAAM met die Heilige Gees. (Siegfried Maré)
Die Heilige Gees gee vir ons die vermoë om ʼn Herder SAAM met Hom te wees. As ons ons tenkies volmaak met die Heilige Gees sal Hy dit moontlik maak om mense na Hom te lei. Siegfried deel 7 punte wat ons slegs SAAM met die Heilige Gees kan doen.

25 Oktober 2026 – Vreugde en liefde in en deur die Heilige Gees (Liesl Maré)
Liesl deel van die Heilige Gees as ‘n onuitputbare Bron van Liefde en Vreugde. Sy moedig ons aan om dit te ontvang by die Vader en dan uit te leef aan ander, ongeag ons omstandighede.

18 Oktober 2026 – Ek kies om ‘n Herder te wees, deur te kyk na Dawid se 5 klippe – 3. Elkeen is belangrik vir die Heilige Gees (Siegfried Maré)
Elkeen is belangrik vir die Heilige Gees. Siegfried deel die 3de klippie in die reeks van “Hoe om ʼn herder in die Here se kerk te wees”

11 Oktober 2026 – Ek kies om ‘n Herder te wees, deur te kyk na Dawid se 5 klippe – 2. Die Heilige Gees bly (abide) in die kerk (Siegfried Maré)
In die tweede klippie van die reeks van “Hoe om ‘n herder in die Here se kerk te wees”, deel Siegfried hoe die Heilige Gees in Sy kerk ‘abide’

4 Oktober 2026 – Hoe om saam met die Heilige Gees te bly loop wanneer die vyand teen ons opstaan (Lindi Fritz)
Lindi deel met ons ʼn paar punte hoe ons saam met die Heilige Gees kan wandel om teen die duiwel se vloed van afleiding, teleurstelling en ongehoorsaamheid te kom, deur te veg met die ankers van aandag, tevredenheid en onderworpenheid wat die Heilige Gees ons gee.

27 September 2026 – Rivers of Living Water (Rudolph Schutte)
Rudolph Schutte deel ‘n wonderlike preek oor ‘Riviere van lewende water’.
In Johannes 7:37 het Jesus gesê: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!”
Lees Saam

Ons lees tans Nancy DeMoss Wolgemuth se boek, Lies Women Believe: And the Truth that Sets Them Free.
Preke

9 Augustus 2026 – Water in wyn – met die Heilige Gees (Ria Stevens)
Water in wyn. God wil my en jou transformeer van “water tot wyn” deur Sy Heilige Gees, vir Sy glorie en dat die Here ons kan gebruik vir Sy koninkryk.

2 Augustus 2026 – Die Heilige Gees en Dissipelskap (Siegfried Maré)
Die Heilige Gees help jou om dissipels te maak. Hy maak jou ook ʼn mentor. Siegfried deel 4 fokus areas wat mentorskap behels.

26 Julie 2026 – My Roeping en die Heilige Gees. (Siegfried Maré)
Siegfried deel met ons hoe ons SAAM met die Heilige Gees wil werk sodat ons die mense rondom ons aan kan raak met Sy genade en vryheid. Hy verduidelik die vyf stappe wat ons neem in ons pad saam met die Here.