Dankseggingsete November 2025

Ons het weer soos oudergewoonte ons jaar afgesluit met ons Dankseggingsete- ‘n heerlike Akker familie kuier en spitbraai. Almal was aangemoedig om terug te kyk oor die jaar en dankie te sê vir wonderwerke, vir deurbrake, vir genade en selfs vir die dinge wat ons so maklik as vanselfsprekend kan aanvaar. Die Here was goed vir ons almal en ons kon dit vier! Sy goedheid ken geen einde nie en ons kon mekaar daaraan herinner en mekaar daarmee versterk vir die nuwe jaar wat voorlê.

Ander Nuus

Mannekamp Augustus 2026

Ons manne het ‘n heeeeerlike mannekamp gehad waar hulle regtig die Here se teenwoordigheid kon ervaar. Dit was ‘n naweek van skouers skuur, mekaar opbou

LUISTER >

Joe Crew Kamp Julie 2026

Ons Joe Crew leerders gaan jaarliks tydens die wintervakansie op ‘n kamp. Hier kry hulle tyd om bietjie te rus, tyd saam met mekaar en

LUISTER >