Ons manne het ‘n heeeeerlike mannekamp gehad waar hulle regtig die Here se teenwoordigheid kon ervaar. Dit was ‘n naweek van skouers skuur, mekaar opbou en net man wees.
Lees hieronder terugvoer van paar van die manne wat die kamp meegemaak het:
“Ek was ‘n gas saam met die Akker kerk manne, en dit is my tweede jaar wat ek saam met dié manne gaan. Dit is amazing!! Real brotherly love en inclusion , en ‘n massive liefde vir Christus en die Here, wat mens kan voel! Baie dankie en mag die Here die Akker gemeente ryklik seën!”
“Die mannekamp is nie net ‘n lekker tyd saam met boetas in Christus nie maar ‘n gees-vervulde tyd.”


