Ladies Dream Interpretation September 2026

Ons dames se Dream Interpretation dag saam met Maureen le Roux was uit die boonste rakke.
Ons het soveel geleer wat die Woord oor drome en visione sê en is ook geleer hoe ons, ons drome en visione deur die leiding van die Heilige Gees en die Bybel kan ontleed. Daar was ook lekker gesellig gekuier, heerlike kos geniet en net ‘n geseënde tyd saam met sussies in Jesus.

Terugvoer van dames wat dit meegemaak het: 

Verlede Saterdag, 5 September, het Die Akker ʼn Ladies Dream Interpretation kursus aangebied onder leiding van Maureen le Roux.
Dit was waarlik ʼn wonderlike oggend vol van lekker koffie, gesels, ‘n pragtige saal en ʼn spreker wat ʼn nuwe deel van verhouding met die Vader kom oopbreek het. Na die inligting deurgegee was, het ons ook praktiese voorbeelde (drome) saam met Maureen deurgewerk.
Ek sou graag langer wou bly en meer wou leer by haar, sy is ʼn wonderlike leraar en haar diepte in verhouding met die Vader is merkwaardig. Baie dankie Akker en die span, dit was ʼn wonderlike oggend.

Klik hieronder om na die opname van ons Dream Interpretation dag te luister.

Ander Nuus

Mannekamp Augustus 2026

Ons manne het ‘n heeeeerlike mannekamp gehad waar hulle regtig die Here se teenwoordigheid kon ervaar. Dit was ‘n naweek van skouers skuur, mekaar opbou

LUISTER >