Mauritius Uitreik Maart 2026

Ons het al ophou tel hoeveel keer ons die voorreg gehad het om na die kosbare eiland van Mauritius uit te reik! Elke keer as ons terugkom sĂȘ ons dit was die beste uitreik ooit, en hierdie ene is geen uitsondering nie! Die bygevoegde voorreg om ook op die suster-eiland van Rodrigues te kon bedien was die kersie op die koek. Die vroue konferensie was wonderlik en dames aangeraak- met die fokus terug op Jesus. In Mauritius kon ons in die kerk in Surinam bedien sowel as die leierspaar se arms oplig om met krag die wedloop te bly hardloop! Dankie Here dat U ons gekies het vir hierdie besonderse voorreg.

Ander Nuus

Mannekamp Augustus 2026

Ons manne het ‘n heeeeerlike mannekamp gehad waar hulle regtig die Here se teenwoordigheid kon ervaar. Dit was ‘n naweek van skouers skuur, mekaar opbou

LUISTER >

Joe Crew Kamp Julie 2026

Ons Joe Crew leerders gaan jaarliks tydens die wintervakansie op ‘n kamp. Hier kry hulle tyd om bietjie te rus, tyd saam met mekaar en

LUISTER >