Ons dank ons Here dat ons weer ‘n geseënde manneontbyt gehad het. Hierdie keer het Rudolph Schutte van Church Unlimited Nelspruit ons bedien.
Lees hieronder van die manne se terugvoer:
“Manneontbyt saam Rudolph Schutte was so bemoedigend gewees toe hy met ons gedeel het hoe om die Here se stem te hoor. Hy het Psalm 23 so mooi oopgebreek en die Here se hart met ons gedeel om God se stem te hoor en te soek in alles. Rudolph het ook sy testimony gedeel oor hoe hy die Here se stem al van ‘n jong ouderdom af najaag en hoe die Here met hom gesels tot vandag toe. Ek was aangeraak en kon die Here se liefde voel in die tydjie wat ons as manne bymekaar was!”
“Die manne ontbyt het die geleentheid geskep vir elke man om weer te herfokus op wat werklik belangrik is. Die gasspreker, Rudolph Schutte, het deur Dawid se lewe uitgelig hoe elkeen van ons in totalle afhanklikheid van die Here moet lewe. Jesus is ons Herder wat getrou is om ons in alle areas van ons lewe te lei as ons Hom vra en na Sy stem luister. Jesus is ‘n goeie Herder wat goeie planne vir elkeen van ons het.”


