Mauritius Uitreik Sept-Okt 2026

Lees hieronder meer terugvoer  van die spanlede wat die uitreik meegemaak het: 

 

“Vir my was hierdie een van die kragtigste uitreike waarop ek nog ooit was! Die spandinamiek was ongelooflik- almal kon bring wat die Here gee en soos Nerisa op ‘n stadium gesê het- dit het soos ‘n simfonie uitgespeel. Ons kon gebroke mense bedien, ons het genesings gesien, ons het ‘n wonderlike ervaring gehad om iemand te sien vrykom van demoniese houvaste. Dit was ‘n tyd van gebed, ‘fellowship’, hande vat en die evangelie met ‘boldness’ uit te dra. Die uitreik het geëindig met ‘n ongeluk waar God Sy getrouheid opnuut kom wys het- almal se lewens is gespaar en ons is afwagtend van hoe ons getroue Vader hierdie ten goede gaan laat meewerk vir almal betrokke.”

“Vir my was hierdie uitreik regtig die beste een waarop ek al was. Die Here was teenwoordig in elke bymekaarkoms. Hy het mense genees, harte aangeraak en regtig Sy liefde en Glorie gewys. Met elke ekskursie en elke geleentheid wat ons gehad het om met die mense van Mauritius te kuier en te praat, het die Here se liefde en familie gevoel so deurgekom. Die Here het regdeur die week vir my woorde en verse gegee in die week wat ek nie toe verstaan het nie, maar wat ons toe kon versterk en oplig aan die einde. Ek voel soveel nader aan my Vader na hierdie week.”

“For me the outreach was just so beautiful . The most precious part of it all was the absolute unity in our team..!! WOW it felt like family , but deeper than that because God was the centre of everything we walked out and spoke. We had an opportunity to minister to a pastor who had gone through such trauma with the loss of his son recently. The way he opened up and shared such a vulnerable part of his life really touched me because as people we generally hide and pretend that our lives are good, especially as Christians , we don’t like showing weakness. I had the privilege of sharing parts of my own life and saw God’s goodness in it, recognizing that nothing we go through is wasted . The people that welcomed us into their midst were so loving, generous with time and resources, even the little that they had they shared. Their hearts are so serving, walking out the word of God so tangibly. It was amazing to see a woman being delivered from demonic oppression, people choosing to give their lives to God. God showed up for us in a time of trauma and crisis and deepened our bond with our brothers and sisters in Mauritius in the midst of it all. The only way to experience the gospel in action, is to get up an go , and do what it tells us to do …. make disciples. God is Faithful and His word endures forever.”

“Waar begin n mens om saam te vat wat die Here gedoen het in hierdie tyd. Al wat ek kan sê is ons God is almagtig! Ek ervaar aan die einde van n week later dat die Vader nie net magtige goed deur ons gedoen het nie maar ook magtige goed IN my gedoen het.Ek loof en prys die Here vir elke wonderwerk wat hy gedoen het deur te genees, vry te maak, te red en te versterk, maar ook vir elke wonderwerk in my hart van genesing, vrymaak en selfs my kom red het in sekere plekke.Dis ons Hemelse Vader en God!!”

“So baie liefde, omgee, nuwe gesigte, harte wat oop was. Ons was tegemoet gestap deur mense met oop arms in Mauritius, mense wat bid, mense wat groot geloof het. Ons het mense gevind met wie ons onmiddelik een kon wees in gees, hart en missie.
Die waarheid bly waar in elke deel daarvan en so het die Here Sy waarheid weer en weer kom deurskyn maak nie saak waar ons bedien het of hoe sterk die geestelike teenstand was nie. Die eenheid in die span die vloei van die Gees, die krag van gebed was so duidelik. Die Here het my weer aan hierdie waarheid herinner, dat dit so ñ voorreg is om te kan gaan waar Hy ons stuur.
2 Cor 4: 4-16″

 

 

Ander Nuus