Dankseggingsete November 2025
Ons het weer soos oudergewoonte ons jaar afgesluit met ons Dankseggingsete- ‘n heerlike Akker familie kuier en spitbraai. Almal was aangemoedig om terug te kyk oor die jaar en dankie te sê vir wonderwerke, vir deurbrake, vir genade en selfs vir die dinge wat ons so maklik as vanselfsprekend kan aanvaar. Die Here was goed vir ons almal en ons kon dit vier! Sy goedheid ken geen einde nie en ons kon mekaar daaraan herinner en mekaar daarmee versterk vir die nuwe jaar wat voorlê.

















