Mauritius Uitreik Maart 2026

Ons het al ophou tel hoeveel keer ons die voorreg gehad het om na die kosbare eiland van Mauritius uit te reik! Elke keer as ons terugkom sê ons dit was die beste uitreik ooit, en hierdie ene is geen uitsondering nie! Die bygevoegde voorreg om ook op die suster-eiland van Rodrigues te kon bedien was die kersie op die koek. Die vroue konferensie was wonderlik en dames aangeraak- met die fokus terug op Jesus. In Mauritius kon ons in die kerk in Surinam bedien sowel as die leierspaar se arms oplig om met krag die wedloop te bly hardloop! Dankie Here dat U ons gekies het vir hierdie besonderse voorreg.

Luister na die getuienisse van ons spanlede wat die uitreik meegemaak het.