Lesotho Uitreik Februarie 2026
Hoe kan ‘n mens sê elke uitreik is beter as die vorige ene? Is dit regtig waar? Vir ons span is dit waar, elke uitreik wys God se getrouheid in ‘n ander area, kom breek Hy ons harte vir iemand nuuts en ervaar ons ‘n genade bo ons verstand. Hierdie Lesotho-uitreik na Ps Dan se kerk was weer die beste ene ooit! As jy ons nie glo nie, kom volgende keer saam en beleef dit vir jouself.
















