Paasete 2026

Paasfees hierdie jaar was voorwaar ‘n FEES in Die Akker. Daar was ‘n lammetjie op ‘n spit, brood gebreek en aanbid. Ons wou onsself herinner aan wat Jesus deurgemaak het op die kruis, sodat ons met volharding ons kruise daagliks ook kan bly opneem.