Die Pad na Heiligmaking: Deel 5 – Gehoorsaamheid (Siegfried Maré)
Kom ons recap gou: God het ‘n doel met jou lewe. Dit is Sy droom vir jou…vir ons almal. Hy noem dit Heiligmaking. In heiligmaking gaan dit allereers oor ’n verhouding met Jesus waarin Sy beeld al hoe meer in ons verskyn. Dit is ‘n proses van skoonmaak en aflê van die dinge in ons lewe wat God nie behaag nie, in samewerking met die Heilige Gees. Ons het hier met ‘n voortdurende proses van karakterverandering te doen – ‘n proses wat ons van ons sondige gewoontes vry maak en in ons liefde, gesindhede en deugde vorm soos ons dit in Jesus Christus kry. Ons groei dus in heiligheid, want heiligmaking is die somtotaal van miljoene klein dingetjies. Meer en meer besef jy die werklikheid van dood vir die sonde en jou ou sondige lewe, en meer en meer begin jy van dit wegdraai en skuif jou fokus na Jesus.
Heiligmaking loop deur gehoorsaamheid. Hoe meer ons in gehoorsaamheid begin stap, hoe meer vertoon ons lewe tekens van vergewensgesindheid en liefde; hoe meer raak ons besig met gebed en die Woord en die dinge van Jesus, hoe meer sien en ervaar ons ‘n gehoorsaamheid wat lei na liefde wat ‘n verskil kan maak.
Kom ‘journey’ verder saam met ons op ons Pad na Heiligmaking!