Die Vas: Deel 3 – My Toevlug: God se Karakter (Siegfried Maré)
Die eerste leuen wat ooit vertel was, die heel eerste verdraaing van die waarheid, was om God se karakter in twyfel te trek. Daardie listige slang, ons vyand en die dief, het al in die tuin van Eden vir Eva laat verstaan dat God nie geloofwaardig was nie. Hy het haar verseker dat God eintlik iets goed van haar wou weerhou deur daardie lekker, sappige vrug verbode te maak. Dat God eintlik van hulle iets wou wegsteek….
Fast forward na Jesus in die wildernis. Die einste vyand kom weer en probeer ons wonderlike Pappa Vader se karakter in twyfel trek en dit nogals deur God se eie Woord te gebruik.
En hy doen dit nogsteeds, hy probeer ons weghou van die Ene wat goed is vir ons. As hy ons net kan laat twyfel dan weet hy ons sal nie meer intiem wees met God nie en alleen, independent, die pad probeer stap. En soos Derek Prince so mooi gesê het: ‘independence equals pride, dependence on God, equals humility.’ En dan val ons in die strik van trots en God weerstaan die trotses.
Ons smag intimiteit, ons is gemaak om met God te connect, maar as ons die vyand se leuen oor God se karakter glo, gaan ons smagting onvervuld gelaat word en ons gaan dit probeer vul met die gemorskos van hierdie wêreld.
Siegfried praat oor die tweede boublok van ons vas; ons vertroue in God se karakter en hoe, as ons in Sy betroubare karakter vertrou en ons toevlug daarin neem, ons intiem met Hom kan wees. Dat ons deur ons vas die begeerte om God net beter en beter te leer ken, kan kom aanwakker.